Seeserp Icon

SeerSerp Story

“Een donker aand kon ek nie tot rus kom nie, en het met die Here gesels. Deur ons Vader se leiding, het ek ervaar dat ek die SeerSerp projek moet aanpak…”

“My naam is Christine Pretorius. ‘n Moeder van my en Wessel se vyf seuns (drie lyfkinders en twee hartskinders), ouma en weduwee.

Ek het Wessel, my man van 15 jaar, die liefde van my lewe, my beste pel, my grootste aanhanger en bidgenoot aan die dood afgestaan in Julie 2021.”

Hy is oorlede aan ‘n tipe beenmurgkanker genaamd “Primere Myelofibrose”, selfs al het hy vier maande tevore vir ‘n beenmurg oorplanting gegaan.

Die moeilikste tyd in my lewe was sonder twyfel om te sien hoe kanker die lig in sy oë kom steel het. Ek was ook sy getroue versorger gedurende die proses en Abba Vader het self salf aan my wonde kom smeer. Die rou sere het eers rowe gekry en oor tyd ook beter geraak. Maar die litteken sal altyd bly as konstante herhinnering aan my groot verlies.

In my diepste donker tyd het ‘n vriendin aan my ‘n serp geskenk wat sy gekry het toe iemand na aan haar oorlede is. Sy het gesê dat ek dit moet dra wanneer alles te veel word en die verlange ondraaglik raak. ’n Tasbare simbool van vertroosting. Die geborgenheid en bemoediging wat ek deur die materiaal ervaar het, het my dag na dag die serp laat dra.

Een donker aand kon ek nie tot rus kom nie, en het met die Here gesels. Deur ons Vader se leiding, het ek ervaar dat ek die SeerSerp projek moet aanpak – nie net vir wat dit vir my beteken het nie, maar ook vir al die vroue wat vir my gesê het dat ander nie begryp waardeur hul daagliks worstel nie.

Ek en my kinders het saam hieroor begin droom. Ons het om ‘n tafel gesit en gedagtes begin neerskryf. Gesels oor hoe die vrou lyk wat dit sal dra. Wie is sy? Wat is haar naam? Ons het gevoelswoorde begin neerskryf en “Seer” het bly uitroep na ons. So is die naam SeerSerp gebore, want dit het uit ons rouste seer tot wording gekom.

In die verlede kon iemand wat rou geidentifiseer word deur swart te dra vir ’n periode. Dit het gehelp dat ander kon assosieer, en het ‘n onsigbare band geskep met ander wat deur ’n soortgelyke situasie geleef het. My hoop is dat die dra van ’n SeerSerp dieselfde op ’n kleurvolle manier sal doen.

Alhoewel SeerSerp ontstaan het uit die diepste en swaarste pyn is dit terselfdertyd ‘n juigkreet van opstaan en aangaan, die hoop dat daar weer lig sal wees na die duisternis. Ek dra my serp met trots omdat die gemis en verlange met tye steeds soos golwe sonder ophou oor my spoel. Dit is deel van my reis na heelword want daar is steeds oomblikke wat die verlange en gemis jou soos ’n vuishou in die maag tref en die wind uit jou seile neem.

“My droom is dat ons ander SeerSerp-draers sal raaksien, inspireer en sal herinner dat nie een van ons alleen op hierdie pad loop nie.”

“My name is Christine Pretorius. Mother of five, grandmother and widow.

I lost Wessel, my husband of more than 15 years, my biggest supporter, friend, prayer partner and love of my life in July 2021.”

He passed away from a type of bone marrow cancer called “Primary Myelofibrosis”, even after undergoing a bone marrow transplant four months before.

The hardest time in my life was, without doubt, seeing the cancer steal the light from his eyes. I was also his caretaker through the ordeal, and the Lord comforted me and put salve on my wounds. While the heart healed over time, the scar will always stay – a reminder of my indescribable loss.

In my darkest hour after his passing, a friend regifted me a scarf that she received when someone close to her passed away. She told me to wear it for comfort when things felt unbearable. The consolation and reassurance I experienced from this simple act inspired me to wear it day after day.

One night I couldn’t sleep, and while talking to the Lord He inspired me to start the SeerSerp project. Not only for the comfort I received from wearing the scarf, but also for all the women who told me that no one understood what they were going through when grieving.

I started dreaming about this with my kids. We sat around a table and shared some thoughts. Discussed what the wearer of this scarf would look like. Who was she? What was her name? We wrote down words we felt associated with her, and the word “Seer” (hurt/pain/ache) kept coming up. That’s how the name SeerSerp was decided on.

Historically a person who lost a loved one could always be identified by wearing black for a period. This helped others who lived through the same to associate with the mourner and share an invisible bond. My hope is that wearing a SeerSerp will serve the same purpose in a colourful way.

Although SeerSerp was born out of pain and tears, it also symbolizes getting up and moving on. It signals a belief in that there will be light at the end of the darkness. I still proudly wear my scarf on days when loneliness hits me like an unrelenting wave. It’s part of the journey to healing because there are still moments when the loss and yearning hits you like a fist in the stomach and leaves you gasping for air.

“My dream is that we’ll identify others who wear it, and continue to inspire and assure each other that we’re not in this journey alone.”